Home-Lucidus
Lucidus is ‘n alternatiewe energie maatskappy. Ons bestaan reeds vanaf 2006 maar was eers gebasseer in Gauteng. Ons het nou verhuis na Heilbron. Ons wil Oos-Vrystaaters help om so energie effektief as moontlik te wees. Dit maak net ekonomies sin om eers jou energie verbruik te verminder, en dan te kyk na hoe om minder afhanklik van Eskom te wees. Dit is ook voordelig vir die omgewing en toekomstige geslagte om so min as moontlik natuurlike hulpbronne te vermors.
Ons help jou om jou energie verbruik onder beheer te kry. Ons begin deur jou Eskom rekening te analiseer. Dit gee mens 'n goeie idee waar om te begin. Ons soek jou groot verbruikpunte en maak seker jy wend jou krag so effektief moontlik aan. Ons beskik oor n reeks meters om vinnig vas te stel hoeveel krag jy wanneer en waar gebruik. Die inligting help dan om te bepaal of verbeteringe koste effektief gaan wees. Dit stel ons ook instaat om die regte PV Solarstelsel vir jou besondere verbruik te ontwerp.
Lucidus is n verskaffer van ‘n wye reeks LED ligte.
Ons installeer 100, 200, 300 en 400 liter Songeysers. Dit is hoë druk, indirekte stelsels met ‘n 10 jaar waarborg.
Sonpompe vir boorgate
Induvidueel ontwerpte Sonkragstelsels. (Solar PV)
Privaat individue, besighede, boerderye en industrieële kliënte.
As jy n krag aansluiting het, kan ons jou help.
Venter Malan
E-pos : venter@lucidus.co.za
Sel foon : 082 909 6999
POSBUS 362
Heilbron
0963